Tempering (metallurgie)

Differensieel getemperde staal. Die verskillende kleure wat verkry word, dui die temperatuur aan waartoe die staal verhit is. Ligte strooi dui 204 °C (399 °F) aan en ligblou dui 337 °C (639 °F) aan.[1][2]

Tempering is 'n proses van hittebehandeling, wat gebruik word om die taaiheid van yster-gebaseerde legerings te verhoog. Tempering word gewoonlik na verharding uitgevoer om van die oortollige hardheid te verminder, en word gedoen deur die metaal vir 'n sekere tydperk tot 'n sekere temperatuur onder die kritieke punt te verhit en dit dan in stil lug te laat afkoel. Die presiese temperatuur bepaal die mate van hardheid wat verwyder word, en hang af van beide die samestelling van die legering en van die gewenste eienskappe in die finale produk. Baie harde gereedskap word byvoorbeeld dikwels by lae temperature getemper, terwyl vere by baie hoër temperature getemper word.

  1. Light, its interaction with art and antiquities By Thomas B. Brill - Plenum Publishing 1980 Page 55
  2. Andrews, Jack (1994). New Edge of the Anvil: a resource book for the blacksmith. pp. 98–99

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy